Kirk Douglas

Kirk Douglas
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Douglas in 1969.

Geboortenaam Issur Danielovitch
Geboorte (1916-12-09)9 Desember 1916
Sterfte 5 Februarie 2020 (op 103)
Aktiewe jare 1942–2008

Kirk Douglas (gebore as Issur Danielovitch; 9 Desember 1916 - 5 Februarie 2020) was ’n Amerikaanse akteur, vervaardiger, regisseur en skrywer. Ná arm kinderjare as een van sewe kinders van Poolse immigrante, het hy sy rolprentdebuut in 1946 in The Strange Love of Martha Ivers (saam met Barbara Stanwyck) gemaak as ’n jong, onsekere en jaloerse man wat deur ’n ouer vrou oorheers word. Dit was die eerste en laaste keer dat hy die rol van ’n swakkeling gespeel het.[1][2]

Hy was twee keer getroud, eers met Diana Dill in 1943, hulle skei in 1951 en met Anne Buydens in 1954 wat hom oorleef het.

In die 1950's en 1960's het hy ’n groot aantrekking by die loket geword. Hy is bekend vir sy ernstige dramas, onder meer Wilde Weste- en oorlogsprente.

  1. Smith, Imogen Sara. In Lonely Places: Film Noir Beyond the City, McFarland (2011) p. 103
  2. Thomas, Tony. The Films of Kirk Douglas. Citadel Press, New York, 1991. ISBN 0-8065-1217-2

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy